CONCERT PAT BERNING

Klein Kanaän Vaunage organiseer 'n Suid-Afrikaanse FEESNAWEEK in Clarensac, Frankryk. Laat die Vaunage weer woorde van HOOP en LEWE hoor!

Project visual CONCERT PAT BERNING
Failed
4
Contributions
07/08/2017
End date
€200
Out of €2,000
10 %

CONCERT PAT BERNING

Klein Kanaän VAUNAGE, organiseer ’n feesnaweek in Clarensac, Frankryk, MET so ’n ietsie van ’n SA klank & geur met die tema: laat die Vaunage weer woorde van hoop en lewe hoor.

Ons het julle hulp nodig asseblief!

Die organisasie, PETITE CANAAN VAUNAGE, reel’n feesnaweek in Clarensac (Gard), Frankryk,

Vrydag 7 Julie en Saterdag 8 Julie 2017.

Hierdie feesnaweek sal so ietsie van ’n Suid-Afrikaanse klank en geur hê met ’n

kunsuitstalling, ʼn musiekkonsert, lekker boerekos én wyn op die program.

Ons wil hê dat die Vaunage moet dans na die klank van Suid-Afrikaanse musiek

en weer woorde van hoop en lewe hoor in sang.

Die Suid-Afrikaans gebore Pat BERNING is nie net ’n sanger en komponis nie, maar ook ’n visuele kunstenaar.

Van sy kunswerke sal gedurender die naweek uitgestal word.

’n Suid-Afrikaanse restaurant in Nîmes, l’Esclafidou, gaan heerlike eg Suid-Afrikaanse bobotie bedien.

’n Span Suid-Afrikaners sal ook deur die loop van die naweek hulp verleen.

Die beplande program

Vrydagaand 7 Julie 2017

Kunsuitstalling (18h30)

Konsert met kunstenaar Pat BERNING en orkes (20h30)

Clarensac se kinderklub tree saam met hom op vir die eerste twee liedjies.

Die eerste liedjie, Ek het nog nooit iemand soos Hy gesien nie (in Frans en in Zoeloe)

en die tweede liedjie, ’n Toekoms van hoop, (in Frans), is geïnspireer deur Jeremia 29:11.

Albei liedjies is deur Pat geskryf en gekomponeer (net soos al die ander liedjies wat hy sing).

Saterdag 8 Julie 2017

Kunsuitstalling (10h00 tot 12h00)

Tekenkompetisie vir kinders (oggend) - 10 wenners sal gekies word en elke ’n prys ontvang

Boerekos en SA wyn vir middagete (besprekings en betaling voor die 1ste Julie 2017)

Tombola

Petite Canaan Vaunage (Klein Kanaän Vaunage) is ’n organisasie wat in Februarie 2017 gestig is deur ’n Frans-Suid-Afrikaanse egpaar, (sendelinge van die Gereformeerde Kommissie vir Evangelisasie in Frankryk en die Franse Eilande) in Clarensac, ’n dorpie in die Vaunage, in die suide van Frankryk.

Ons doelwit is om die mense bewus te maak van ’n deel van die geskiedenis van hierdie gebied wat intiem verbind is met ’n deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis: spesifiek dié verbintenis met die Franse Hugenote.

Die streek van die Vaunage met sy dorpies Caveirac, Clarensac, Langlade, Saint-Dionizy, Nages-et Solorgues, Calvisson, Boissières, Saint-Côme-et-Maruéjols en Congénies, met ’n bevolking van ongeveer 20 000 mense, is net buite die stad van Nîmes geleë, in die suide van Frankryk, ongeveer 50km van Montpellier en 130 km van Marseilles.

Die gebied staan bekend as klein Kanaän, omdat die omgewing soos Kanaän in Israel lyk (’n vlakte omring deur heuwels met olyf- en vyeboomboorde en wingerde).

Nóg ʼn rede is omdat die meerderheid van die bevolking Protestants geword het tydens die Reformasie.

As gevolg van die vervolging in later jare, het van die Protestante, ook bekend as die Hugenote, uit Frankryk gevlug.

Sommiges het later in Suid-Afrikaaan gekom –

miskien nog een van jou voorvaders, of iemand wat jy ken s’n.

PETITE CANAAN VAUNAGE wil nie net vir die mense herhinder aan die verlede nie, maar ook vir hulle sê dat daar ’n toekoms van hoop vir hulle is.

Daarom is ons leuse: ’n Geskiedenis, ’n Toekoms.

‘n Span Suid-Afrikaanse studente, onderleiding van Ds. Sanri BENADE van die NG gemeente Potchefstroom-Noord, sowel as Ds. Tinus BENADE en sy vrou Magda van die NG gemeente in Thabazimbi en Johan en Rita BLOEMHOFF, lidmate van die Kinder evangelisasie in Frankryk, sal ’n week voor die feesnaweek in Clarensac arriveer.

Díé span van 14 mense sal ons help om 5 000 koeverte in die posbusse van die inwoners van die Vaunage te sit. Hierdie koeverte sal ’n Evangelie van Lukas, ‘n boekie vir kinders sowel as ’n pamflet, wat ons organisasie en die aktiwiteite wat ons aanbied in Clarensac, bekendstel.

Biography: Pat BERNING

This South African born musician writes his own songs and composes his own music.

As if that is not enough, he is also a fine artist. With his large panel of CDs, he appeals to a wide variety of listeners with melodies often inspired by his country of birth.

Together with top musicians, Pat performs on stage as much as possible, travelling around the world.

In a trio and up to 5 musicians, their two hour concert is festive.

He sings in French, in English and in …. Zulu, anoter language of his native country.

The words of his songs are very often inspired by the Bible, in particular the Psalms.

As an artist, he best describes himself as not remembering when he started drawing.

“I feel as though I've always had a pencil in my hand. Even though my primary activity for over the past 40 years has been music, drawing and painting have always been a part of me.”

Allocation of funds

Hoe kan jy help?

Ons benodig asseblief finansiële ondersteuning vir hierdie projek.

Dit kom neer op ’n beraamde begroting van ten minstens 4 200 € (R58 800 @ R14 per 1€) vir hierdie projek.

Beraamde begroting is vir onder andere die volgende kostes:

· die musiekkonsert (1 500€ = R21 000 )

· die druk van die koeverte en pamflete (500€ =R7 000 )

· kunsuitstalling (200€ = R2 800)

· middagete (800€ = R11 200)

· tekenkompetisie vir die kinders (100€ = R1 400)

· tombola (300€ = R4 200)

Eenige ekstra gelde wat ingesamel mag word, sal gebruik word om te help met die kostes vir die Suid-Afrikaanse span van 14 mense (etes en vervoer) (800€ = R11 200).

Rewards

€10

10€ of meer (10€ = R140) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot algemene advertensie drukkoste

€20

20€ of meer (20€ = R280) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot die organisasie van die tekenkompetisie vir die kinders (hieronder : 'n foto van een van Pat Berning se kunswerke)

Estimated delivery: July 2017

€50

50€ of meer (50€ = R700) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot drukkostes vir die pamflete en koeverte

Estimated delivery: August 2017

€75

75€ of meer (75€ = R1 050) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot kostes vir die organiseering van die kunsuitstalling

Estimated delivery: August 2017

€100

100€ of meer (100€ = R1 400) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot kostes vir pryse vir die tombola

Estimated delivery: August 2017

€150

150€ of meer (150€ = R2 100) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot kostes vir die Suid-Afrikaanse middagete

Estimated delivery: October 2017

€200

200€ of meer (200€ = R2 800) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot kostes vir die Suid-Afrikaanse span wat kom om ons help (maaltye, vervoer, ens)

Estimated delivery: August 2017

€250

250€ of meer (250€ = R3 500) (1€=R14) Dankie vir jou ondersteuning! Hierdie bedrag sal bydra tot kostes vir die musiekkonsert

Make a donation

Give what I want